Local newsNews

Heidgel Fotoklub wys April wenners aan

Heigel Fotoklub se fotograwe pronk.

Heigel Fotoklub het tydens die klub se April vergadering die maand se foto’s bespreek en ook die foto’s vir die maand aangewys.

Fotograwe van Heidelberg asook Nigel behoort aan die klub.

Die wenfoto getiteld By Sossusvlei is deur Carin du Preez geneem.

Die beste voorgeskrewe foto is deur Francois van Jaarsveld geneem met Cosmos en die junior foto wenner is Eugene Viljoen met Musical Dreams.

Die voorgeskrewe temas vir die jaar is soos volg:

•Mei: Op die tafel.

• Junie: Sterre fotografie

• Julie: Skilder met lig

• Augustus: Potretstudie van ‘n persoon (swart en wit)

• September: Voël/s in vlug

Oktober: Straattoneel met bome wat bot

November: Abstrak.

Van Jaarsveld het ‘n uitnodiging gerig aan enigiemand wat deel van die fotoklub wil wees om hom op 083 659 9657 te skakel.

Die uitnodiging is vir enigiemand wat meer oor fotografie wil leer, ongeag die tipe kamera waaroor die persoon beskik.

Related Articles

Back to top button