Rolstoel-projek kry momentum

Helpende hand het almal se hulp nodig.

Verskeie rolspelers het ’n projek van stapel gestuur om gebreekte rolstoele reg te maak en dit aan mense, wat nie rolstoele kan bekostig nie, te skenk.

Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg tak, onder leiding van Frik van Niekerk, Helpende Hand se Oosrand en Mpumalanga takke en Sunfield Fortuna het hande gevat om die projek aan die gang te kry.

Ten spyte van hiérdie projek gaan Helpende Hand Heidelberg steeds voort met sy eie projek waar rolstoele op ’n tydelike basis aan mense in die gemeenskap geleen word.

Dit help veral wanneer mense net ’n rolstoel tydelik nodig het en dalk nie die fondse het om een te huur nie.

“Ons weet dat die koste van verhuring duur is en so word baie mense die voorreg ontneem om met ’n rolstoel oor die weg te kom wanneer dit nodig is.

“Ons wil help in die gemeenskap waar ons kan,” het Van Niekerk gesê.

Persone wat ’n bydrae tot die projek wil maak kan die volgende oorweeg:

• Skenk ’n rolstoel wat net rondstaan. Die kondisie daarvan is nie ’n faktor nie aangesien die rolstoel herstel kan word.

• Gee ’n donasie, hoe gering ookal.

• Maatskappye kan ook ’n rolstoel borg (’n belastingsertifikaat kan uitgereik word).

• Word ’n ondersteuner deur ’n minimale bedrag van R50 per maand te betaal.

Donateurs wie meer inligting wil bekom kan vir Frik van Niekerk by 079 220 5555 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version