Gretha Wiid kuier by Sagies

Gretha Wiid het met Laerskool Hannes Visagie se leerders oor ligaamlike veranderinge en puberteit gesels.

Gretha Wiid het op 25 April met Laerskool Hannes Visagie se leerders gesels oor verskeie onderwerpe.

Van die onderwerpe tydens haar besoek het gehandel oor boelies en die waarheid oor puberteit, asook maats en keuses.

Wiid het ook vir die leerders raad en verskeie wenke gegee oor sosiale media.

Die rede vir haar besoek aan die skool was om kinders te bemagtig met lewenskeuses.

Die leerders het ook elkeen ’n geskenkpakkie na die tyd ontvang wat deur ouers en verskeie borge voorsien is.

Laerskool Hannes Visagie se hoofdogter, Diané Wheeler, saam met skoolhoof Madelé van Vuuren, Gretha Wiid en Charlene Cornelius.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version