Local newsNews

Rolstoelskenking in Autisme-maand

“Sonder die gemeenskap sal ons verseker nie in staat wees om ander te help nie.”

Op 26 April het Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak hand uitgesteek en ’n kind in nood gehelp onder die vaandel van die organisasie se rolstoel-projek.

Nikolas Kutruvis (10), wie ingeskryf is by die Heidelberg Outisme Sentrum in Rensburg, het dringend ’n ander rolstoel benodig.

Nikolas lei aan Angelman-sindroom en serebrale gestremdheid sedert sy geboorte, en met Autisme-maand wat tot ’n einde kom, kom die skenking net in tyd.

Helpende Hand het ’n rolstoelskenking uit Mpumalanga ontvang en dit aan Nikolas, wie se huidige rolstoel besig is om die gees te gee, geskenk.

’n Groot glimlag was op Nikolas se gesig te bespeur toe hy die stoel ontvang het.

“Sonder die gemeenskap sal ons verseker nie in staat wees om ander te help nie.

“Ons hoop die gebaar sal die lewe vir Nikolas makliker maak om oor die weg te kom,” het Frik van Niekerk, voorsitter van die Heidelberg-tak, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button