Local newsNews

’n Verskil te bespeur in Heidelberg

Skoon-Heidelberg sien ’n verskil.

Op 21 April het die Skoon-Heidelberg-groep hulle bedrywighede geskuif vanaf Rensburg na die AG Visser Hospitaal in Heidelberg-sentraal.

Wat baie opvallend was, is die magdom bottels wat buite die hospital se gronde gestrooi is. In die uur wat vrywilligers van Skoon-Heidelberg werksaam was, is 11 sakke rommel opgetel, waarvan vier met glasbottels gevul was.

’n Ou boom, wat byna ontwortel is op die sypaadjie in Uniestraat, is ook rede tot kommer aangesien dit die hospitaal se heining sal beskadig indien dit omval.

Die boom wat al ontwortel is op die sypaadjie in Uniestraat is rede tot kommer.

“Ons is van mening dat die werk wat die Skoon-Heidelberg-groep verrig wel ’n effek in Heidelberg het,” het Charlotte Cloete van die groep gesê.

“In die algemeen word die rommel in sekere plekke ten minste minder as wat dit ’n paar maande gelede was. Ons heel eerste skoonmaaksessie was aan die voorkant van die hospitaal. Sedert daardie oggend word die voorkant van die hospitaal daagliks skoongemaak. Jy sal die oggend daar verby ry en vullis sal rondlê, in die middag is dit skoon. Dit is een van ons sukses verhale.”

Related Articles

Back to top button