Local newsNews

Rensburg VLU geniet gesellige vergadering

Die vroue van die Rensburg VLU het 'n gesellige maandelikse vergadering gehou.

Lede van die Rensburg VLU het op 12 April hul maandelikse vergadering gehou.

Die vroue het tydens die vergadering talle onderwerpe, waaronder fotografie en die tak se skrywer van jaar Jaco Jacobs, bespreek.

Conrad Hechter het vir die vroue ’n aanbieding gedoen oor selfoonfotografie.

Conrad Hechter het wenke vir selfoonfotografie met die vroue gedeel.

“Mens neem foto’s om spontane oomblikke vir ewig vas te vang,” het Hechter gesê.

Hechter het verder vir die vroue verskeie wenke gegee oor die verskillende vorme van fotografie op ’n selfoon.

Frik van Niekerk, voorsitter van Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak, en Charmanay de Klerk het ook tydens die vergadering die tak besoek.

Marty Jerling (links, agter) is onlangs as die tak se voorsitter verkies saam met Trudie Potgieter (sekretaris), Petra Basson (addisionele lid), Heilie van den Berg (ondervoorsitter), Tia Jordaan (addisionele lid) en Elmarie Eygelaar (voor) wat as skakelbeampte en tesouriere verkies is. Afwesig: Bettie van den Burgh (addisionele lid).

“Ons het ’n ruk gelede wol aan die tak geskenk,” het Van Niekerk vertel.

“Hulle doen so baie vir die gemeenskap. Die ooreenkoms was dat ons die wol skenk en dat hulle dit dan brei en die instansie kies waarvoor dit geskenk word.”

Trudie Potgieter, sekretaris van die tak, het vertel dat hulle die gebreide ponchos aan die onkologie-afdeling in Pretoria vir die kinders gaan skenk.

Die tak se volgende vergadering sal op 17 Mei gehou word.

Charmanay de Klerk (links) saam met Frik van Niekerk (Helpende Hand), Ina Booysen, Elize Coetzee, Petra Basson, Trudie Potgieter, Lauretta Ninzi en Marty Jerling met die nuutgebreide ponchos.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button