Volkie skoonhede palm titels in

Die kompetisie was vir meisies tussen die ouderdom van 14 en 19 jaar.

Twee leerders van Hoër Volkskool het onglangs aan die finale van Miss Teen Grand South Africa deelgeneem.

Daar was altesaam 18 deelnemers van al die provinsies wat aan die finale rondte by die skouspel in Sandton hul beste voetjie voorgesit het.

Die kompetisie was vir meisies tussen die ouderdom van 14 en 19 jaar.

Boitumelo Hope Wilson is as die eerste prinses gekroon en het ook die Spectacular Teen South Africa 2022-titel ingepalm. Wilson gaan in September Suid-Afrika verteenwoording in die Dominikaanse Republiek by die Spectacular Teen International Competition.

Telisha van Heerden het onder die top ses geëindig en is as Ambassadeur van Gauteng aangewys.

Telisha van Heerden is as die Ambassadeur van Gauteng aangewys.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version