Nigeliet neem deel aan Sterstatus

Plaaslike nooi deel van Sterstatus.

Sunette Botha (34) is een van die Sterstatus TV program op VIA se verkose deelnemers.

Botha het aan Hoërskool John Vorster gematrikuleer.

Sy is ’n ambassadeur vir Arms of Mercy, ’n nie-winsgewende organisasie vir kinders met seldsame siektes, serebrale gestremdheid en terminale kanker pasiënte.

Om finansies vir die organisasie bymekaar te maak word armbandjies verkoop vir elke kind wat op hulle boeke is, om te help met befondsing waar mediese fondse te kort skiet of waar daar geen mediese fonds is nie.

“Kinders en vroue lê na aan my hart. Daarom het ek die besluit gemaak om in te skryf vir Sterstatus,” het Botha vertel.

“Dit is al ’n droom van jongs af om hakskoene en mooi klere aan te trek en met rooi lippies vir die wêreld te kan wys waartoe ek in staat is. Daar is nie iets wat my gaan terug hou nie.

“Baie maer jare het verbygegaan en baie lewenslesse is deurentyd geleer totdat ek die geleentheid gesien het om aan Sterstatus te kan deelneem. Ek sien dit as vroue bemagtiging en iets waarop ek kan trots wees.

“Daar is so baie mense vir wie ek moet bedank vir wat hulle vir my gedoen het, onder andere Tarien Cronje, Larissa Bester, Rodie-Lané Bronkhorst, Carnma van Niekerk en Courtney Abrie.

“Deur inspirasie, opbouing en insette bemagtig hulle elkeen my in verskeie maniere om te vermag wat ek tot nou toe vermag het.

“Ek wil ’n voorbeeld vir jong dames en vroue in die gemeenskap wees en bewys dat ’n persoon deur harde werk meer kan vermag as wat jy kan dink.

“My hutsmerk en waaraan ek glo en uit wil deel is #altyd liefde.

“Ek sien die reis met Sterstatus as ’n nuwe seisoen in my eie lewe, en ek glo dat voorspoed en goedheid my sal volg. Moet nooit jou eie drome opgee nie. Dit is binne jou eie bereik.”

Exit mobile version