Local newsNews

Duisende proppies word benodig vir swaai

Masincedane vra skole en gemeenskap se hulp.

Solidariteit Helpende Hand, onder voorsitterskap van Frik van Niekerk, het ’n beroep gedoen op die gemeenskap en skole om te help met ’n projek om Masincedane Dagsorgentrum te help.

Masincedane is ’n sentrum wat fisies- en verstandelike getremdes in die area help.

“Ons vra skole en die gemeenskap om te help om plastiek koeldrankbottelproppies bymekaar te maak.

“Die doelwit is om 1 750kg se proppies bymekaar te maak en aan ’n maatskappy te oorhandig wat plastiese hout vervaardig.

Masincedane Dagsorgentrum.

“Die spesifieke maatskappy sal dan ’n swaai tuinbank aan die dagsorgsentrum skenk.”

Die swaaibank sal help met terapie vir die inwoners.

“Een van ons groot drome is ons eie swaai,” het Christine Kruger, bestuurder en stigterslid van Masincedane gesê.

“Ons het reeds ’n groot hoeveelheid proppies ingesamel, maar ons kort nog baie om ons doel te bereik.

“Alle hulp sal waardeer word,” het Kruger gesê.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button