Local newsMotoringNewsSport

Studente trap fiets vir kinderfonds

Die groep studente van die Sonop Christelike Tehuis by die Universiteit van Pretoria sal op die fietstoer vanaf Pretoria na St Lucia aanpak om geld in te samel vir die Beeld Kinderfonds.

Sowat 38 studente van die Sonop Christelike Tehuis van die Universiteit van Pretoria beplan om op 12 April op die Drommedaris fietstoer te vertrek.

Die toer sal strek vanaf Pretoria na St Lucia ten bate van die Beeld Kinderfonds.

“Ons behoort laatmiddag op 12 April in Heidelberg aan te kom,” het Alwyn Potgieter van die tehuis aan HERAUT vertel.

“Ons sal dan ook op ’n redelike besige straat blikskud om geld in te samel.”

Die reis sal die groep studente ongeveer vyf dae neem om te voltooi, met ’n totale afstand van ongeveer 660km.

“Die Drommedaris fietstoer is ’n tradisie wat dekades gelede begin is in Sonop, wat nog volhard tot vandag,” het Potgieter gesê.

Die klomp Sonoppers se fietstoer sal soos volg lyk:

• 12 April: Pretoria na Heidelberg (92.7km)

• 13 April: Heidelberg na Standerton (108km)

• 14 April: Standerton na Volksrust (84.8km)

• 15 April: Volksrust na Vryheid (141km)

• 16 April: Vryheid na Nogoma (109km)

• 17 April: Nogoma na St Lucia (123km)

Indien daar inwoners is wat donasies wil gee vir die Beeld Kinderfonds, maar wie nie by die klomp Sonoppers sal kan uitkom nie, kan hulle die volgende besonderhede gebruik om te skenk:

Beeld-Kinderfonds
Absa Rekening: 2840157329
Tak: 632005
Verwysing: Jou selfoonnr, naam en van

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button