Die inwoners van die Suikerbos-oord is op 1 April bederf tydens ’n gesellige Paasfeesviering.
Die Elkana sanggroep, onder leiding van Elsa Massyn, asook Jo-Anitta en Anthony Hattingh het die inwoners vermaak met sang.
Die sanggroep bestaan ongeveer 20 jaar uit inwoners van die Suikerbos-oord. Elsa is al vir 15 jaar aan die spits van die groep. Jo-Anitta en Anthony is inwoners van Grootvlei.
Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak het gesorg vir die Paasbolletjies, Paaseiers en serpe vir die vroue inwoners van die oord.
Die Paasfeesviering was die eerste een in ’n lang tyd, as gevolg van die regulasies wat weens Covid-19 nagekom moes word.