Local newsNews

Suikerbos-oord vier ’n vroeë Paasfees

Inwoners van Suikerbos-oord geniet ’n vroeë Paasfees bederf.

Die inwoners van die Suikerbos-oord is op 1 April bederf tydens ’n gesellige Paasfeesviering.

Sangeres Jo-Anitta Fourie het ook bygedra tot die sukses van die oggend.

Die Elkana sanggroep, onder leiding van Elsa Massyn, asook Jo-Anitta en Anthony Hattingh het die inwoners vermaak met sang.

Sanger Anthony Hattingh het die Suikerbos-oord inwoners vermaak.

Die sanggroep bestaan ongeveer 20 jaar uit inwoners van die Suikerbos-oord. Elsa is al vir 15 jaar aan die spits van die groep. Jo-Anitta en Anthony is inwoners van Grootvlei.

Die serpe wat die vroue van Suikerbos-oord ontvang het.

Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak het gesorg vir die Paasbolletjies, Paaseiers en serpe vir die vroue inwoners van die oord.

Die Elkana sangers onder leiding van Elsa Massyn.

Die Paasfeesviering was die eerste een in ’n lang tyd, as gevolg van die regulasies wat weens Covid-19 nagekom moes word.

Die Suikerbos-oord inwoners het die vertoning geniet het.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button