Local newsNews

Bekende skouhond sterf

“Hy het deur die jare talle trofeë en verskeie toekennings gewen vir die beste hond in die skouring.”

’n Egpaar van die dorp se bekende 14-jarige skouhond, Cyberdog’s Sadam, is onlangs dood.

Sadam was ’n Suid-Afrikaanse grootkampioen pitbullterrier wat aan Thinus en Ansie Meyer behoort het.

“Sadam het diep spore in die pitbullgemeenskap getrap,” het Herman Meyer, ’n familie-lid, vertel.

“Hy het deur die jare talle trofeë en verskeie toekennings gewen vir die beste hond in die skouring.”

Sadam het kanker gehad en is deur ’n veearts van die dorp uitgesit.

Die nimlike veghond was op 6 Junie 2009 gekroon as die Suid-Afrikaanse Amerikaanse Pitbull Unie-kampioen, waarna hy op 2 Oktober 2010 as die Suid-Afrikaanse Amerikaanse Pitbull Unie-grootkampioen gekroon is.

“Daar is ook van sy nasate na die buiteland toe uitgevoer,” het Meyer vertel.

“Daar was ook op ’n tyd ’n pitbullteler in Suid-Afrika wat bereid was om twee vol-geregistreerde pitbull-honde vanuit Amerika, ter waarde van sowat R70 000, in ruil vir Sadam in te voer.”

Thinus en Ansie besit nog ’n geregistreerde pitbull kampioen, met die naam Meyer’s Bigshow, wat een van Sadam se seuns is.

Cyberdog’s Sadam, ’n bekende skouhond, is onlangs dood.

Soos sy pa vertoon Meyer’s Bigshow ook goed in die skouring.

Hy is in 2014 gekroon as die Suid-Afrikaanse-kampioen gewigsleper.

“Die hond, wat sowat 23.9kg weeg, het byna ’n gewig van 6 220kg tydens ’n kompetisie gesleep,” het Meyer gesê.

“Beide die honde is uit die Yellow Carver-bloedlyn geteel en is voorwaar iets om op trots te wees.

“Sadam was nie net ’n hond vir ons nie, hy was ’n familielid.

“Sy dood word wyd deur die pitbull-gemeenskap van Suid-Afrika betreur.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button