Local newsNews

Volkies swemmers is soos visse in die water

Volkies soos visse in die water.

HEIDELBERG – Swemmers van Hoër Volkskool het die afgelope tyd groot welslae in die swembad behaal.

Simoné Moll het van 26 tot 28 Maart by die SA Skole Swemkampioenskappe geswem, en sodra die skoolvakansie verby is, sal sy van 6 tot 12 April aan die SA Senior Swemkampioenskappe in Port Elizabeth deelneem.

Haar items is die 50m, 100m, 200m borsslag en 50m vlinderslag. Sy gaan, onder andere, teen Olimpiese swemmer Tatjana Schoenmaker swem.

Huib Sprong het van 18 tot 21 Maart aan die vlak-drie streekskampioenskappe in Pretoria deelgeneem. Hy het goue medaljes in die 50m, 100m en 200m borsslag ingepalm, asook ’n silwer medalje in die 200m individuele medley.

Nog ’n leerder, Armand Jubber, het aan die SA Ope-waterkampioenskappe deelgeneem en is besig met die SA Lewensreddingkampioenskappe.

Huib Sprong het aan die vlak-drie streekskampioenskappe deelgeneem.

Related Articles

Back to top button