Local newsNews

Nigel SAWV hard aan die werk

Die SAWV se Nigel-eenheid beplan alreeds talle projekte om hul lede te help.

NIGEL – Lede van die Nigel SAWV (Vlakvark-eenheid) het op 24 Maart hul maandelikse vergadering gehou.
Verskeie van die eenheid se projekte, waaronder projek Meerkat wat die eenheid op die been wil kry, is tydens die vergadering bespreek.

Die projek handel grootliks oor werksverskaffing in die vorm van karwagte en sekuriteitswagte om sodoende veterane te bemagtig.

“Ons wil net weer benadruk dat ons nie ’n welsynsorganisasie is nie, maar ’n ondersteunende struktuur,” het Karel Groesbeek van die eenheid gesê.

Ander projekte wat bespreek is, sluit in projek Bosuil wat handel oor erfenisbewaring, met die oog op monument restourering en instandhouding.

“Indien daar lede van die gemeenskap is wat weet van familie of vriende wat in die diens van die Suid-Afrikaanse Weermag gesterf het sedert 1966 tot vandag, kan hulle ons kontak om hul name by die monument langs die rolbalbaan te voeg,” het Groesbeek gesê.

Tydens die eenheid se vorige vergadering is die uitvoerende komitee ook verkies. Hulle is Karel Groesbeek (voorsitter), Nic Schoonbee (beskermheer), Sharon West (ondervoorsitter), Roberto Lenci (adjudant), Charles de Fortier (RSM) en Ernst Zeelie (kapelaan).

Die eenheid se volgende vergadering sal op 21 April gehou word, waarna die eenheid ’n braai en aanbieding beplan vir 30 April.

“Ons versoek egter dat diegene wat die braai gaan bywoon geblikte kos skenk wat ons aan lede kan gee wat dit benodig,” het De Fortier gesê.

Vir meer inligting oor die eenheid en hoe om aan te sluit, kontak vir Sharon West by 082 786 6251 of 011 815 2432.

Indien daar veterane is wat by projek Meerkat wil aansluit, word hulle uitgenooi om hul CVs by Kerkstraat 43 te gaan afgee.

Die SAWV se Nigel eenheid se uitvoerende komitee: Roberto Leunci (adjudant), Sharon West (ondervoorsitter), Karel Groesbeek (voorsitter), Charles de Fortier (RSM) en Ernst Zeelie (kapelaan).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button