Local newsNewsSport

Nigel wen ‘n moeilike wedstryd

Nigel en Springs laat die bal die praatwerk doen.

Nigel Rugbyklub het op 17 Maart gasheer gespeel en Springs Rugbyklub verwelkom by die John Vorster-stadion.
Nigel het met 13-7 gewen.

Nigel se eerste span het hulle vriendskaplike kragmetings voltooi voor die liga in erns begin en teen Springs se tweede span gespeel.

Die eerste punte wat aangeteken was, was deur middel van ’n strafskop in die 14de minuut wat Nigel se Junaide Seedat deur die pale gejaag het.

Mandla Plumbstead van Nigel Rugbyspan druk hulle enigste drie.

In die 28ste minuut het Mandla Plumbstead vir Nigel agter die pale gaan kuier en Seedat het nog twee punte bygevoeg.

Springs hulle eerste punte in die 31ste minuut aangeteken deur ’n drie wat Ruan Kotze gaan druk het. Steven Kok het die vervyfskop oorgeskop.

Junaide Seedat van Nigel skop pale toe.

Seedat het vir Nigel verder laat voorloop met nog ’n strafskop in die 40ste minuut.

Die halftydtelling was Nigel 13 – Springs 7.

In die tweede helfte was daar geen punte aangeteken nie, alhoewel albei spanne ’n paar geleenthede gehad het.
Die verdediging van Nigel en Springs was goed.

Steven Kok van Springs skop pale toe.

Altesaam was daar 23 skrums, 20 lynstane, 29 strafskoppe en twee vryskoppe in die wedstryd gewees.

Elke span het ook ’n geelkaart gekry, Springs in die eerste helfte en Nigel in die tweede helfte.

Springs Rugbyklub se tweede span is reg vir die wedstryd.

Related Articles

Back to top button