Local newsNews

Voetoorgangbrug hou gevaar in

Publieke voetoorgangbrug ’n gevaar.

’n Besorgde inwoner van die dorp, wie versoek het om anoniem te bly, het sy kommer uitgespreek oor die voetoorgangbrug in Van der Westhuizenstraat wat oor die Blesbokspruit gebou is.

Die persoon is veral bekommerd oor die veiligheid van die publiek wat die brug gebruik om die spruit oor te steek.

Daar is daagliks baie voetgangers, veral kinders, wat die brug gebruik.

Benewens die vervalle toestand van die brug, groei lang gras en bossies die paadjie, wat na die brug lei, ook toe.

Die voetoorgangbrug oor die Blesbokspruit is nie veilig om oor te steek nie,

“Die brug is nie meer sterk genoeg om hoë getalle voetgangers te dra nie,” het die bekommerde inwoner gesê.
Die veiligheidsreëlings aan die een kant van die brug is afgebreek, met die gevolg dat daar net aan die een kant van die brug ’n veiligheidsreëling is, wat ook reeds gedeeltelik verwyder is.

“Dit is nie veilig om daaroor te loop nie en daar bestaan beslis ’n groot moontlikheid dat iemand in die sterk-vloeiende spruit kan val, hulself beseer of selfs kan verdrink,” het die inwoner gesê.

“Daar moet drasties aandag aan die brug gegee word om die veiligheid van die mense te verseker.”

Die handreëling aan die een kant van die brug is afgebreek.

Die HERAUT het Katleho Seaga, woordvoerder van Lesedi Plaaslike Munisipaliteit, gekontak rakende die brug.

Seaga het gesê dat ondersoek ingestel sal word en aandag aan die saak geskenk sal word.

Related Articles

Back to top button