![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/121/2022/03/275422310_496829836_66313.jpg)
Twee Volkies het hulself goed van hul taak gekwyt tydens die Gauteng Atletiekkampioenskappe wat die naweek van 4 en 5 Maart plaasgevind het.
Jessica Wehmeyer het ’n derde plek in die dogters o-17 hoogspring behaal en Linél Claassens (o-15) ’n tweede plek.
Albei atlete kwalifiseer vir die SA Atletiekkampioenskappe wat op 17 en 18 Maart by die Hermann Immelman-stadion te Germiston sal plaasvind.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/121/2022/03/JessicaWehmeyer_00926-520x390.jpg)