Nigel VLU vier Internasionale Vrouedag

Die lede van die Nigel VLU het op 10 Maart hul maandelikse vergadering gehad.

Alhoewel Internasionale Vrouedag op 8 Maart gevier is, het lede van die Nigel VLU die dag deel gemaak van hul maandelikse vergadering wat op 10 Maart gehou is.

“Mens kan vandag se vrou vergelyk aan een van ED du Plessis se gedigte,” het die gasspreker, Trudie Reinhardt, gesê.

“Vandag se vrou neem duisende vorme aan.”

Reinhardt meen dat elke vrou vandag anders lyk, maar dat elkeen in hul eie wese steeds vandag se vrou is.

“Geen een van ons kon vandag hier wees sonder die vroue wat voor ons gekom het nie,” het Reinhardt gesê. “Ons is die produkte van die wat voor ons hier was, ons eie persoonlike denke en ons besluite.”

Die vroue van die VLU het verskeie stories oor vroue, soos Amelia Earhart en Bertha Benz, wat as baanbrekers beskryf kan word, bespreek.

“Moet nie toelaat dat enige iets jou terughou om jou drome te bewaarheid nie,” het Reinhardt gesê.
“Jy is nooit te oud om jou droom uit te leef nie.

“Vier elke dag die duisende vorme van vrouwees.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version