Local newsNews

AfriForum sit die wiele aan die rol

AfriForum sit beplanning in aksie.

Gedurende die eerste week na ’n gemeenskapsvergadering wat op 23 Februarie gehou is, het AfriForum Heidelberg reeds skouer aan die wiel gesit deur al drie fokus areas aan die gang te kry.

Dit sluit in administrasie, infrastruktuur en die beeld van Heidelberg.

Dr Willem Sprong, AfriForum se takvoorsitter, het gesê dat daar reeds kontak gemaak is met die waarnemende munisipale bestuurder en die hoof van infrastruktuur by Lesedi Plaaslike Munisipaliteit.

Die eerste vergadering behoort binne die volgende week plaas te vind.

Altesaam 38 inwoners van Heidelberg het reeds hul name op die lys van vrywilligers geplaas om te help.

Die groepindeling en identifisering van leiers was teen 3 Maart afgehande,l waarna die leiers genooi gaan word vir ’n bespreking.

“Die slaggateprojek, waar ons ’n sleepwa bou met al die nodige toerusting, is ook byna gereed,” het Sprong gesê.
“Ons sal oor ’n week begin met die herstel van die eerste slaggate.

“Meer inligting rakende al ons projekte sal bekend gemaak word sodra die groepleiers hul beplanning afgehandel het en aan die gang kom.

“Ons beplan om teen 18 Maart volledig op dreef te wees.”

Related Articles

Back to top button