Local newsNews

Jong akteur leef sy droom

Volkie leer by rolprent bekendes.

Markus Everson (12), ‘n graad sewe leerder aan die Laer Volkskool, se droom om ‘n rolprentster te word het onlangs ‘n treë nader aan die werklikheid geword.

Markus was in 2021 gekies om deel te wees van die film Van die Pad Af, wat verfilm word vir Via.

Van kleintyd af wou Markus al ‘n filmster wees en het gereeld karakters in verskeie rolprente nageboots.
Toe Markus hoor van ‘n toekomstige rol in een van ABS Produksies se rolprente het hy onmiddellik aansoek gedoen.

Om gekies te word moes hy ‘n monoloog instuur na ABS Produksies toe.

Op stel by die verfilming van die Via rolplent Van die pad af.

Na die monoloog was Markus uitgenooi om persoonlik ‘n oudisie by te woon by die Blou Hond Teater te Pretoria.
Nie lank na die oudisie het Chantelle Everson, Markus se ma, ‘n boodskap van Anthonie Bougas van ABS Produksies ontvang waar sy verwittig was dat Markus se oudisie suksesvol was.

Alvorens Markus aan die verfilming van die rolprent kon begin, moes hy vir vier maande akteurs werkswinkels bywoon om hom reg te kry vir die rol wat hy gaan vertolk.

Die verfilming van die produksie is in Februarie afgehandel, en die rolprent gaan in Julie op Via wees. (Let wel: die TV kanaal in die HERAUT uitgawe van 9 Maart is verkeerdelik as KykNet aangewys).

Tydens die verfilming was Markus se mentors die akteurs Vilje Maritz en Albert Maritz. Albei akteurs speel ook in die rolprent.

Rolprent produksie Van die pad af is nou net klaar verfilm.

Wanneer Markus nie besig is om sy drome van akteur word na te streef nie beoefen hy verskeie stokperdjies soos klavier, kitaar, sang, karate en dans.

Daarby boer Markus ook met slange en beeste.

Sy droom werk eendag is om ‘n veearts te word of ‘n beroemde akteur in Hollywood te wees.

“Dit was die eerste keer dat Markus deel was van opnames vir televisie en ons glo nog vele meer sal volg,” het Chantelle trots vertel.

“Mik vir die sterre en die hemelruim maak oop vir jou.”

Related Articles

Back to top button