Local newsNewsSport

Eerste balle rol in besigheidsliga

Die liga is baie gewild onder besigheidsmense van di dorp.

Die Rolbal Besigheidsliga het op 3 Maart met groot opwinding afgeskop toe die eerste balle gerol is.

Die liga word twee keer per jaar gespeel en in ‘n vier-week periode word alle potte gespeel.

Mariska Krugel van PH Energy Systems laat die eerste bal rol.

Die spanne wat vir die huidige liga ingeskryf het is Bryte Insurance, Property Professionals, PH Energy Systems, MMG Ford, NTT VW, Mahindra, Heidelberg Nissan, Renault, Phoenix Fasteners, Cubic Systems, LCS Management, LCS Admin, LCS Logistics en Auto Ren.

George Clarke verwelkom de besoekers en deelnemers by die besigheidsliga.

Tydens die toernooi gaan al die spanne teen mekaar speel in ‘n rondomtalie basis, en die wenner sal op 24 Maart beslis word.

Marinus Marais van Professional Property in aksie op die baan.

Met die eerste balle wat nou gerol is, gaan die mededinging straf wees om die wenner te bepaal.

Die wedstryde vind op Donderdae plaas vanaf 18:30 by die rolbalbane in Viljoen straat, Heidelberg.

Die besigheidsliga het op 3 Maart afgeskop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button