Volkskool se atlete skitter op die baan

Volkies vaar goed by interhoër.

Hoër Volkskool het op 19 Februarie aan die jaarlikse interhoër te Secunda deelgeneem.

Talle tye en afstande was verbeter en twee nuwe rekords was opgestel.

Volkskool se dogtersatletiekspan was altesaam tweede geplaas en die seunsatletiekspan derde.
Tesame het hulle derde geeïndig.

Volkskool se atlete wat goed gevaar het met eerste plekke was:

• Gewigstoot: Janco Coetzer en Henru Coetzer

• Diskus: Div Huisamen en Linel Claassens

• Hoogspring: Anjo Swart

• 200m: Pieter Greyling en Mareli Schoeman

• 400m: Mareli Schoeman

• Aflos (o-19) dogters: Mareli Schoeman, Annericke Bornman, Delaine Willemse en Vane Derksen

• 800m: Annericke Bornman, Anzel Doubell en Meceila Brits (nuwe rekord)

• 500m: Jason Brits, Jane Wepener, Delaine Willemse, Anzel Doubel en Micheila Brits

• 3 000m: Micheila Brits (nuwe rekord)

Die atleet van die dag asook victrix ludorum was Micheila Brits wat eerste plekke in die 1 500m, 800m (nuwe rekord) en 3 000m (nuwe rekord) verower het.

Micheila was ook die beste middelafstand atleet in die 800m en het 947 ASA punte verower.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version