Local newsNewsSport

Nigel se eerstes begin met ’n wen

Nigel te sterk vir Bulldogs.

Die Nigel Rugbyklub se eerstespan het teen Union Bulldogs van Johannesburg-Suid se tweedespan kragte gemeet op Hoër Volkskool se velde op 19 Februarie.

Gedurende die vriendskaplike wedstryd het Bulldogs eerste agter die doellyn gaan kuier, maar die verdoelskop verbrou.

Jarico van Niekerk druk een van Nigel se drieë.

Nigel het teruggeslaan en het ook ’n drie gaan druk sowel as die verdoelskop verbrou.

Albei spanne het nog voor halftyd elk ’n drie gaan druk, waarna die telling 12-10 was vir Nigel.

In die tweede helfte het net Nigel daarin geslaag om ’n verdere drie drieë te druk en een te verdoel. Die eindtelling was 29-10 vir Nigel.

Altesaam was 27 strafskoppe afgestaan en 12 lynstane en 21 skrums het ook plaasgevind.

Lynstaan tussen Nigel en Union Bulldogs.

Related Articles

Back to top button