Local newsNews

Hengelklub trek groottes uit

Die Balfour Hengelklub het onlangs die viswaters by die Vaaldam aangedurf.

Die Balfour Hengelklub het onlangs by Biermans langs die Vaaldam ‘n kompetisie gehou.

Agtien lede van die klub het deelgeneem en saam was daar ‘n totaal van 411 visse uit die viswater getrek wat ‘n totale gewig van 124.8kg gehad het.

Die wenners was (plekke word van eerste tot derde aangedui):

• Senior mans: Jaco van der Merwe (66 visse met ‘n gewig van 33.3kg), Lukas Stoltz (42 visse met ‘n gewig van 11.881kg) en Pieter Swanepoel (40 visse met ‘n gewig van 10.227kg).

• Vroue: Ingrid Kriel (31 visse met ‘n gewig van 5.119kg), Riette Dercksen (12 visse met ‘n gewig van 3.051kg) en Joane Nolte (nege visse met ‘n gewig van 1.765kg).

• Juniors: Anthony Muller (ses visse met ‘n gewig van 15.487kg), Kallie Kriel (19 visse met ‘n gewig van 3.905kg) en Mhieke Nolte (13 visse met ‘n gewig van 2.394kg).

Stoltz het ook die swaarste karp (2.064kg) van die kompetisie gevang.

Frikkie Nel het die swaarste graskarp (0.417kg) gevang.

Piet Taljaard het die swaarste moddervis (1.232kg) tydens die kompetisie uitgetrek.

Muller het ook die swaarste baber (12.126kg) in gekatrol.

Die swaarste geelvis (0.704kg) van die kompetisie is deur Luan Muller gevang.

Die klub se volgende kompetisie sal by Steyns op 5 Maart gehou word.

Vir meer inligting oor die klub of om aan te sluit, kontak Stoltz by 084 757 6058 of kontak vir van der Merwe by 066 157 7848.

Related Articles

Back to top button