Local newsNews

SAWV wil ‘n verskil maak

Veterane beoog om saam te staan om ander te help.

Op Februarie 12 het die Suid Afrikaanse Weermag Veterane Vereniging (SAWV) onder leiding van kapelaan en voorsitter Johan Lochem bymekaargekom om die lede in te lig rakende die veterane vereniging asook om in ontspanne luim saam te verkeer.

Die eenheid in Heidelberg is die Suikerbos Eenheid wat deel uitmaak van Sektor 4 Wilger.

“Die mikpunt is om alle oud uniform lede te betrek en moontlik te help of by te staan in die moeilike tye in tye van nood as dit benodig word,” het Lochem gesê.

“Tesame hiermee is die doel ook om erkenning te gee vir die bydrae wat gelewer was asook vir tyd wat opgeoffer was met toewyding aan Suid-Afrika en die beskerming van ons lands grense,” het Lochem gesê.

“Ons baan die toekoms vir die jonger geslag om ‘n verskil in die gemeenskap te maak,” het hy bygevoeg.

Die SAWV is ook besig om saam met die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) te werk aan verskeie aspekte en projekte van gemeenskapspolisiëring.

“Misdaad teiken nie net sekere mense nie, maar is ‘n gemeenskapsprobleem,” het Lochem benadruk.

Suid Afrikaanse Weermag Vererane Vereeniging.

Frik Minnaar, voorsitter van die plaaslike Heidelberg GPF het die vergadering ook toegespreek.

“Ons gaan saam werk en ‘n vennootskap vorm om te verseker dat veiligheid in Heidelberg hoog aangeslaan word, en misdaad beveg en bekamp word,” het Minnaar gesê.

Hy het bygevoeg dat dit is belangrik om saam te staan en te verseker dat welvaart vir almal beskore is, ongeag ras.

“Daar is verskeie areas van polisiëring waar die SAWV kan help in die bekamping van misdaad. Hetsy dit is om te help in die radiokamer, patrollering, berading en nog meer.”

Minnaar het verder gesê dat daar soveel mense in die gemeenskap is wat bang is en in vrees lewe.

“Ons wil dit verander om te verseker dat Heidelberg en sy gemeenskap weer begin floreer,” het hy gesê.

Hy het afgesluit deur te sê dat die gemeenskap betrokke moet raak waar hulle voel hulle iets positiefs in die gemeenskap kan doen, al is dit net om die oë en ore van die GPF kan wees.

John Lochem, kapelaan en voorsitter van Suikerbos-eenheid se Veterane Vereniging.

“Elke persoon kan ‘n verskil maak om te verseker dat misdaad hokgeslaan word,” sê Minnaar.

Lochem het afgesluit deur te sê dat die SAWV sal help waar hulle kan.

“Almal het hulle sterk punte en sal verseker daarna kyk om te verseker dat die projekte wat aangepak word suksesvol uitgevoer kan word,” het Lochem gesê.

As daar enige ou militêre of uniform draers is wat wil aansluit, kan hulle met John Lochem by 074 464 3972 in verbinding tree.

Related Articles

Back to top button