Local newsNews

Plaaslike kerke kry swaar

Gemeenskaps word gevra om kerke te ondersteun.

Frik van Niekerk van Solidariteit Helpende Hand Heidelberg-tak het op 15 Februarie ‘n vergadering gehou met Retha Eisjemans van die NG Kerk Suikerbosrand.

Die nagevolge van die Covid-19 pandemie het ‘n negatiewe finansiële impak op vele kerke gehad en daar bestaan ‘n behoefte vir ‘n barmhartigheidsdiens om die kerke in nood uit te help.

“Solidariteit Helpende Hand Heidelberg-tak poog nou om saam met verskeie kerke in Heidelberg te werk en te help waar ons kan,” het van Niekerk gesê.

“Helpende Hand Heidelberg-tak het reeds ‘n gemeenskapsgroep gestig, en beplan om later in die jaar ‘n gemeenskapsforum op die been te bring.

“Dit sal help vir ‘n beter samewerking tussen die verskeie organisasies in die bestryding van die armoede in Heidelberg.”

Tans is daar reeds ‘n goeie verhouding opgebou met die NG Kerk Rensburg, Pinkster Protestante Kerk, Heidelberg asook die NG Kerk Suikerbosrand.

“Ons is ‘n gemeenskap wat daar is om ‘m ons medemens te help. Indien ons saam staan kan almal gehelp word. ‘n Voorbeeld hiervan is die onlangse water krisis in die dorp waartydens die gemeenskap saamgestaan het,” het van Niekerk gesê.

Hy het ‘n beroep op die inwoners van Heidelberg gedoen om kerke se fondsinsamelingspogings soos kermisse te ondersteun.

“Dit sal hoog op prys gestel word,” het van Niekerk bygevoeg.

Vir meer inligting kontak van Niekerk op vanniekerkfrik1@gmail.com of by 079 220 5555.

Related Articles

 
Back to top button