Local newsNews

Februarie foto wenners gekies

Heigel fotograwe staan uit by maandelikse beoordeeling.

Op 9 Februarie het lede van die Heigel Fotoklub bymekaar gekom om die kompetisie foto’s te besigtig en te hoor wie die wenners van die maandelikse kompetisie was.

Die 30 foto’s wat deur die lede ingeskryf is, is bespreek en advies is met die lede gedeel.

Die beste voorgeskrewe onderwerp was Skoene, en die wenner was I’m Gonna Walk Right deur Ineke Kleingeld.

Die Februarie wen foto, Forest Princess, is ook ingeskryf deur Ineke Kleingeld en beste junior inskrywing, Desperate Mono, is geneem deur Eugene Viljoen (joernalis van die HERAUT, wat ok ‘n lid van die klub is).

Februarie wen foto, Forest Princess.

Die fotoklub het ‘n uitnodiging gerig aan enige belangstellendes om by die klub aan te sluit.

Dit maak nie saak of jy ‘n kamera, selfoon of tablet gebruik om jou foto’s te neem nie.

Die klub kom elke tweede Woensdag byeen by die Nigel Tennisklub om 18:00.

Die volgende vergadering is op 23 Februarie.

Vir meer inligting kontak Francois van Jaarsveld by 083 659 9657.

Beste voorgeskrewe onderwep, I’m Gonna Walk Right.

Related Articles

Back to top button