Lede van die VLU se Rensburg-tak het op 15 Februarie bymekaar gekom vir hul maandelikse vergadering.
Streeksvoorsitter Elize Coetzee het saam met Elize van Biljon (tesourier vir Overvaal-streek) die vergadering bygewoon.
Coetzee het die tak se verkiesing waargeneem. Heilie van den Berg is tydens die verkiesing as die nuwe vise-voorsitter van die tak gekies terwyl Petra Basson en Bettie van den Burgh as die twee addisionele lede gekies is.
Van Biljon het die tak se kompetisie artikels, wat tydens die vergadering uitgestal was, beoordeel.
In elke afdeling gaan drie van die artikels deur na die konferensie wat op 5 Maart sal plaasvind.
Tydens die vergadering kon lede ook die tak se nuwe vaandel, wat deur lede Petra Basson en Jeanie Boshoff gemaak is, aanskou.
“Petra het elke blommetjie en kraletjie met die hand vasgewerk,” vertel Trudie Potgieter (sekretaresse).
“Ons wil vir haar baie dankie sê vir die pragtige stuk werk.”
Van der Burgh het na die formaliteite die vrouens meer oor rooibostee se verskeie voordele vertel.
Die tak se volgende vergadering sal op 15 Maart plaasvind.
Vir meer inligting oor die tak kan belangstellendes vir Marty Jerling (voorsitter) by 082 465 9343 kontak.