Gemeenskap sê genoeg is genoeg

Gemeenskap meen dat die tyd vir aksie is nou.

AfriForum Heidelberg het op 19 Januarie die Lesedi Munisipaliteit skriftelik verwittig dat hulle 30 dae het om die probleme in die dorp aan te spreek rakende die infrastruktuur probleme, soos elektrisiteit, straatligte, rommel, slaggate, riool, dienslewering en meer.

Op 9 Februarie het die tak, met Dr Willem Sprong in beheer, besluit genoeg is genoeg.

“Met geen water in Heidelberg om die basiese te doen nie was dit die laaste strooi,” het Sprong gesê.

“Ons gaan self regmaak en Lesedi Munisipaliteit gaan daarvoor betaal.

“Die voldoende hofuitsprake in verband hiermee sal help dat ons die kostes kan verhaal van die plaaslike owerheid.

“Daar is besluit om op 23 Februarie ’n gemeenskapsvergadering te hou in Laer Volkskool se skoolsaal waar die gemeenskap in groepe gaan verdeel word en aandag begin skenk aan die verskeie areas soos genoem.

“Dit gaan ’n enorme taak wees, maar vele hande maak ligte werk.”

Exit mobile version