Local newsNews

Gevegskuns studente se harde werk beloon

Pretorius het aangedui dat die volgende uitdaging vir klublede is nog ’n Brasiliaanse jiu-jitsu kompetisie op 5 Maart in Randburg.

Op 5 Februarie het Ability Academy, ’n geregistreerde gevegskuns akademie in Heidelberg, wat onder die Rio Grappling Club en Martial Arts South Africa (MMASA) vaandel val, ’n Brasiliaanse jiu-jitsu gradering gehad.

Die hoof afrigter van Ability Academy, Stefan Pretorius, is in sy skik met die gradering en wat sy junior studente vermag het.

“Die studente wat deelgeneem het, het hulle uitstekend van die taak gekwyt,” het Pretorius gesê.

Die volgende studente het tot volgende vlakke gevorder: Arno Carstens (geel belt); Muhammed Karim en Umar Karim (oranje belt); Wian van Schalkwyk, William Roos, Christopher Joubert, Andreas van der Merwe en Liam Rocher (grys belt); en Wian Gildenhuys, Stephan Botha en Wynand van Schalkwyk (grys-swart belt).

Pretorius het aangedui dat die volgende uitdaging vir klublede is nog ’n Brasiliaanse jiu-jitsu kompetisie op 5 Maart in Randburg.

Related Articles

Back to top button