Local newsNews

Heigel Fotoklub geniet eerste vergadering

Vir meer inligting omtrent die klub, skakel Francois van Jaarsveld by 083 659 9657.

Heigel Fotoklub, wat Heidelberg en Nigel insluit, het op 12 Januarie hulle eerste vergadering vir die jaar gehad.
Die maand se tema was Weerkaatsings.

Piet Bezuidenhout het die algehele wenfoto afgeneem getiteld Out of the Blue. Die beste foto in die Weerkaatsing-kategorie was deur Carin du Preez vasgevang en die beste junior foto, getiteld Vroegoggend op Swartvleistrand, is deur Pieter Harmse geneem.

Die wenfoto is geneem deur Piet Bezuidenhout, getiteld Out of the blue.

Heigel Fotoklub is daar vir enige persoon wat ’n passie vir fotografie het en meer oor die kuns wil leer. Daar gaan werkswinkels aangebied word asook aktiwiteite om meer by die kundiges te leer. Aktiwiteite was sover vir die jaar beplan word is fotojag, uitstappies, nagfotografie, historiese geboue, ken jou kamera, kampe en meer.

Lede wat deel is van die fotoklub kan foto’s inskryf. Die inskrywings word deur middel van die internet ingedien om te verseker dat almal van die klub met hulle foto’s in aanmerking kan kom wanneer dit beoordeel word, en kommentaar op foto’s word verskaf. Selfoon fotografie is ook welkom.

Nuwe lede is welkom om aan te sluit. Vergaderings vind elke tweede Woensdag plaas om 18:30 by die Nigel Tennisklub.

Die wenfoto in die Weerkaatsing-kategorie deur Carin du Preez.

Die volgende byeenkoms vind op 9 Februarie plaas.

Ledegeld vir 2022 is enkellid – R400, gesin – R600, junior lid – R300 (leerder/student), pensionaris – R375 en pensionarisgesinne – R550.

Vir meer inligting omtrent die klub, skakel Francois van Jaarsveld by 083 659 9657.

Related Articles

Back to top button