Local newsNews

Suikerbos Kommando speel gasheer vir Oosvaaloord

Die Voortrekkers is reg met hulle tema vir 2022, Blye Vooruitsig.

Op 29 Januarie het die Suikerbos Kommando gasheer gespeel vir die Oosvaaloord Voortrekkers se bestuursvergadering by die Heidelberg Klipkerk.

Deel van die verrigtinge was ’n oorsig oor die kerk en die geskiedenis daarvan.

Daar is 12 kommando’s wat deel maak van die Oosvaaloord streek, wat die Suikerbos Kommando insluit.

Die kommando’s strek vanaf Alberton tot Kempton Park aan die noorde en Springs aan die ooste.

Een van die hoogtepunte by die geleentheid was die Graad Ses leerders van Suikerbos Kommando wat die seremonie met ’n vlagplanting afgeskop het.

Die Voortrekkers is reg met hulle tema vir 2022, Blye Vooruitsig.

Al die Voortrekkers is bly dat daar meer beweeglikheid is om die jaar se verrigtinge te behartig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button