Local newsNewsSport

Leer ons mense ken: Leon Gagiano

Leon Gagiano is 'n bekende in die dorp onder veral die karatekas.

Leon Gagiano (49) is ’n bekende gesig in die dorp, veral onder die karatekas. Hy is getroud met Tanya en hulle het drie kinders wie ook elkeen in hul pa se karate-voetspore volg. Hulle bly in Visagie Park in Nigel.

Hoe lank beoefen jy al karate?

Ek het karate begin doen op 11-jarige ouderdom.

Wat het gemaak dat jy oorspronklik die sport wou beoefen?

Ek was reeds baie lief vir martial arts van ‘n jong ouderdom af. Die legende, Bruce Lee, was ook my held.

Hoe lank is jy al sensei by die Tenshinkan Karateklub?

Ek het my eerste klub oopgemaak in 2008 en is nou al in Nigel vir vier jaar aan die gang. Met ons hoof dojo wat ons in Nigel het, is ons baie geseënd om ook klasse in Dunnottar, Mackenzieville, Jamesonpark en Balfour te kan aanbied elke week.

Die sport lê naby aan jou hart; hoekom is dit vir jou so spesiaal?

Ek het nog altyd ‘n passie gehad vir die sport, en ek is baie lief daarvoor om met kinders te werk en om te sien hoe hulle presteer in die sport maak dit meer spesiaal. Dit is vir my baie belangrik om te kan sien hoe karate mense se lewens verander.

Buiten die sport, wat doen jy graag in jou vrye tyd?

Ek en my familie geniet die natuur baie. Sodra ons die kans kry is ons tussen die berge of verken ons grotte. Ons is ook baie lief vir buitemuurse aktiwiteite.

Waar geniet jy dit die meeste om vakansie te hou?

Die bosveld, en natuurlik die see ook.

Wat is jou gunstelling kos?

Braaivleis of ribs met ‘n lekker aartappel.

As jy een ding vir die jonger geslag kan leer, wat sal dit wees?

Staan op vir jouself, glo in jouself en respekteer jouself soos wat jy jou medemense sal respekteer en moet nooit opgee nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button