Blouligbende kaap twee voertuie

Desperate oproep help om gekaapte bestuurders te vind.

Op 27 Januarie het ’n vrou van die Marble Hall omgewing kommunikasie met haar man verloor terwyl hy besig was om te bestuur naby Villiers, op die N3 snelweg.

Sy het die owerhede gekontak in ’n poging om enige inligting oor haar man te bekom.

’n Soektog na die man is ongeveer 20:00 van stapel gestuur.

AfriForum se buurtwag en die SAPD het net na middernag gerapporteer dat die vermiste persoon gevind is in mielielande naby Rooikraal.

Blykbaar is twee voertuie in die omgewing deur ’n blouligbende, wat hulle as polisie voordoen, gekaap.

Die voorvalle het nie lank na mekaar gebeur nie.

Die bestuurders van beide die voertuie was vir ’n tydperk aangehou en later in die mielielande later laat gaan.

Die bende het die opsporingstoestelle uit die voertuie verwyder.

As gevolg van die goeie kommunikasie tussen die buurtwag en landelike veiligheidsgroepe het dit bygedra dat persoonlike besittings van die bestuurders asook ’n sleepwa gevind was.

Exit mobile version