News

Beloning vir harde werk

Heraut se Eugene Viljoen ontvang ’n trofee.

Eugene Viljoen, joernalis van die HERAUT, het op 26 Januarie erkenning ontvang van Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak.

Die voorsitter van die tak, Frik van Niekerk, het ’n trofee aan Viljoen oorhandig.

“Ons waardeer opreg wat Viljoen en die HERAUT doen om te verseker dat die plaaslike gemeenskap ingelig bly oor wat in Heidelberg gebeur.

“Die HERAUT is ons stem na buite om te verseker dat die gemeenskap betrokke raak by Helpende Hand,” het Van Niekerk gesê.

“Ons sien uit daarna om in die toekoms saam te werk en te verseker dat almal ’n gelyke kans het om te voel dat hulle iets in die samelewing beteken.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button