Local newsNews

Storm en reën bring groot skade

Die water wat deur die erf gespoel het was ongeveer 50cm in diepte.

Erge storms met gepaardgaande harde reënval het die afgelope weke redelike chaos in die dorp veroorsaak.

Dit het onder andere daartoe gelei dat sekere laagwater brûe ontoeganklik geraak het vir motoriste en in sommige gevalle is inwoners se erwe ook oorstroom.

Die inwoners van Romynstraat 34, Rensburg het op 18 Januarie, toe ‘n erge storm in die dorp gewoed het, groot skade gelei.

‘n Spruit vloei deur ‘n gedeelte van die erf en met die swaar reën het die spruit sterk begin vloei, met die gevolg dat die hele erf gou onder water was.

Roxan Leslie (inks) en huiseienaar Cathy Rickman in hulle erf wat oorstroom het.

Cathy Richman, eienaar van die eiendom en haar dogter Roxan Leslie het met hul hande in hul hare gesit.

Die water wat deur die erf gespoel het was ongeveer 50cm in diepte.

“Dit het soos ‘n dam gelyk,” het Roxan gesê.

Die water het tot in Roxan se woonstel ingespoel en al die meubels en matte was onder water.

Cathy het byvoeg: “Dit is die ergste wat dit hier by ons was vandat ons ingetrek het.”

“Ek het nog nie so iets beleef nie,” vertel sy.

‘n Groot gedeelte van die erf was onder water.

“Dit was skrikwekkend.”

Cathy het voorts gesê dat sy al voorheen gaan kla het oor die blokkasies in die spruit naby aan haar woonplek, maar tot nou toe het nog niks gebeur nie.

Ter afsluiting het Cathy gesê dat sy net kan raai wat die finansiële inpak van die skade gaan wees.

Versekering is ongelukkig nie in haar begroting nie, en alle herstelwerk sal hulle self voor moet betaal.

Related Articles

Back to top button