Local newsNewsSchools

Vier Volkies spog met sewe onderskeidings elk

Die skool het ’n slaagsyfer van 99.3% behaal.

HEIDELBERG – Die vreugdevure het op 21 Januarie hoog gebrand by Hoër Volkskool toe die matriekklas van 2021 na ’n lang wag hul uitslae ontvang het.

Die skool het ’n slaagsyfer van 99.3% behaal.

Top presteerders by Hoër Volkskool se matriekklas van 2021. Skoolhoof Sias Botha (regs) en adjunkhoof Eugenie Potgieter (voor, middel) was saam met die leerders verheug.

Daar was veral opgewondenheid oor vier leerders wie elk met sewe onderskeidings geslaag het. Hulle is Stefan Grobler, Robinn Thorburn, Yuka Beukes en Natalie Visser.

Cade van der Spuy (vier onderskeidings), Favour Umeh (vier onderskeidings), Celine Ooshuizen (vyf onderskeidings) en Anja Oelofse (drie onderskeidings).

Drie leerders spog elk met ses onderskeidings, 10 leerders het elk vyf behaal, nege matrikulante het elk vier behaal en en agt leerders kan elk drie onderskeidings agter hul naam skryf.

Yuka Beukes het sewe onderskeidings behaal.
Ruan Barnard het sewe onderskeidings behaal.
Stefan Grobler het sewe onderskeidings behaal.
Robinn Thorburn het sewe onderskeidings behaal.
Natalie Visser het sewe onderskeidings behaal.
Volkskool se 2021 matrikulante het op 21 Januarie hul uitslae by die skool gaan afhaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button