Local newsNews

Van die gemeenskap, aan die gemeenskap

Helpende Hande uitgestrek aan seuns.

Solidariteit Helpende Hand Heidelberg-tak met Frik van Niekerk aan die spits het die jaar afgeskop met ’n projek naamlik Help Hendrik.

Die mikpunt is om jong seuns, wat op die drumpel staan om manne te word, te help met nodige toiletware, oftewel skeer- en seepware, aangesien daar seuns is wat nie ’n skeermes en seep kan bekostig nie.

Die projek het reeds in 2021 begin toe Helpende Hand areas geïdentifiseer het waar hulp benodig word.

Solidariteit probeer so ver as moontlik help met ’n sakkie waarin ’n skeermes, skeerroom, seep en ’n waslap is wat dan aan diegene geskenk word wat die skeersakkie benodig.

Frik het gesê danksy berigte in die HERAUT het die gemeenskap ingespring en gehelp met skenkings om sodoende Helpende Hand in staat te stel om ten minste 40 skoolseuns in die gemeenskap te help.

“Ons hoop om weer ’n bietjie trots aan die jong seuns te bring,” het hy gesê.

Frik het verder gesê dat hulle sover ’n paar plaaslike skole in die area besoek het waar hulle hul helpende hande kon uitstrek en seuns help.

Sias Botha, Hoër Volkskool se skoolhoof, het gesê: “Uiteindelik doen iemand iets vir die seuns.”

Frik het genoem: “Helpende Hand beoog om die projek uit te brei na 2023.

Piet Strydom, hoof van Laer Volkskool, en Solidariteit Helpende Hand se Frik van Niekerk.

“Tog is ons sonder die gemeenskap se ondersteuning nie in staat om te help waar hulp nodig is nie.

“Dit is immers ons plig om te help waar ons kan.”

Hy het HERAUT, die gemeenskap en veral Marlene Walken van Suikerbos Aftree-Oord wat bygedra het tot die sukses van die projek bedank.

Hy het ook genoem dat die inwoners van Suikerbos Aftree-Oord vir almal ’n voorbeeld kan wees deur dat hulle met graagte help waar hulle kan sonder om twee keer daaroor te dink.

Om enige bydraes te maak kontak vir Frik van Niekerk by 079 220 5555 of vanniekerkfrik1@gmail.com

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button