Local newsNews

Wegbreekgeleentheid vir bejaardes

Die kamp sou verlede jaar plaasvind, maar was gekniehalter deur Covid-19 inperkings regulasies.

Meals on Wheels se Heidelberg-tak reël ’n weeklange wegbreekgeleentheid vir bejaardes vanaf 15 tot 22 Mei.

“Ons nooi graag alle bejaardes in en om die omgewing om deel te wees van die wegbreekgeleentheid,” het Charl du Toit van die organisasie gesê.

“Enkel bejaardes asook paartjies is welkom om by ons aan te sluit.

“Ons beplan om na die TO Strand in KwaZulu-Natal toe te gaan.”

Die wegbreek is oop vir enige persoon, maar belangstellendes moet daarop let dat die spasie beperk is.

Weens Covid-19 reëls en regulasies sal daar slegs ’n groep van 15 persone toegelaat word.

Kostes vir die wegbreek geleentheid beloop R3 000 per persoon en R5 900 per paartjie.

“Ons wil graag ’n beroep doen op kerke en ander organisasies in die omgewing om ’n bejaarde of bejaardes te borg om saam op die vakansie te kan gaan,” het Du Toit gesê.

Annel Coetzee kan by ads@mealsonwheelsns.org.za gekontak word of by 083 238 5130 vir besprekings of meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button