Local newsNews

Skooltassie-projek help behoeftige kinders

Solidariteit Helpende Hand gee vir elkeen n gelyke kans.

HEIDELBERG – Op 10 Januarie het Frik van Niekerk van Solidariteit Helpende Hand tesame met Jean Thomas Gouws (junior bestuurslid Heidelberg tak) Laerskool AG Visser in Rensburg besoek om 10 skooltasse aan skoolhoof Selma Marx en Christa Gladd (skool administratiewe beampte) te oorhandig.

ALSO READ: Maréstraat nogsteeds toe

Solidariteit Helpende Hand se nasionale skooltassie-projek sorg sedert 2007 dat behoeftige Graad Een leerders ’n tas met die nodige skryfbehoeftes kan ontvang.

“Dit verseker ’n gelyke wegspringkans vir die leerders,” het Frik gesê.

“Die projek is deel van Solidariteit Helpende Hand se Bemagtig ’n Kind-projek.

“Sodoende kan elke kind hul kop met trots optel en nie verstoot voel nie.

“Ek moet egter benadruk dat sukses-stories soos hierdie projek kom direk van die gemeenskap aan die gemeenskap.

“Helpende Hand kan nie ons kinders help as hulle nie ’n helpende hand van die gemeenskap kry nie.”
Frik het ’n uitnodiging gerig aan almal om betrokke te raak deur ’n ondersteuner te word.

“Saam kan ons lewens verander,” het Frik gesê.

“Deur slegs ’n minimale bedrag van R50 per maand stel dit ons in staat om meer vir ons jeug te kan doen.

“Die jeug is immers die leiers van die toekoms en elke kind verdien ’n gelyke kans om suksesvol te kan wees.”

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button