Sê ons wat jy dink

Die gemeenskap gee hul menings oor 2022.

Wat is jou Nuwejaarsvoornemens, -wense en -mikpunte vir 2022?

Frik van Niekerk:
My eerste prioriteit is om vir my kleinkind in die Kaap te gaan kuier. Daarna om Solidariteit Heidelberg Helpende Hand uit te brei na ’n meer suksesvolle besigheid in ons stryd teen armoede.
Brian Welch.
Ek maak nie gewoonlik Nuwejaarsvoornemens nie, maar die lewe gaan aan. Een ding wat my die afgelope paar maande opgeval het, is dat tyd met vriende en familie kosbaar is. Om tyd met almal te spandeer is meer werd as enigiets anders.
Sharmaine de Lange:
Voornemens. Wat is dit? Ek maak nie gewoonlik enige voornemens nie. Ek glo elke dag is ’n nuwe geleentheid om voluit te leef en die beste te maak van wat die lewe vir jou uitdeel.
Werner van der Merwe:
My hoop vir 2022 is dat ek ’n operasie aan my my knieë kan ondergaan. Ek wil weer loop en normaal voel, as dit moontlik is. Om weer te loop sal soveel deure vir my kan oopmaak.
Charene Pereira:
Ek kort beslis meer geduld en moet meer verdraagsaam word. My voornemens is om meer te luister en te doen en nie elke keer op my perdjie te spring nie.
Exit mobile version