News

Bekende oud-speurder oorlede

Covid eis weer 'n Heidelberger.

HEIDELBERG – ‘n Bekende en geliefde oud-speurder van Heidelberg is op 27 Desember in die Heidelberg Life Suikerbosrand hospitaal oorlede aan Covid-19 verwante komplikasies, wat sy hart verswak het.

ALSO READ: Uit die gemenskap aan die gemeenskap

Danie Naude (66) het ‘n lang stryd teen die virus geveg.

Met sy liefde vir wetstoepassing het Danie speurwerk as sy roeping gesien.

Hy het in 1975 by die SAPD aangesluit en homself opgewerk.

Hy het by die honde-eenheid in 1978 aangesluit en later by die speurtak totdat hy in 2016 uitgetree het.

Na sy aftrede het hy hom besig gehou met rolbal, los werkies in en om Heidelberg asook by die hondesalon, wat hy en sy vrou al vir jare bedryf.

Juis omdat Danie so lief vir honde was het hy en sy vrou Mariaan Naude Danies Doggy Salon op 2 April 1990 in Heidelberg begin.

Mariaan sê sy het alles by hom geleer.

“Danie was ‘n steunpilaar vir vriende en familie,” het Mariaan beklemtoon.

“Hy was altyd daar om ander by te staan of te bemoedig en hy het dit gedoen sonder om twee keer te dink. Danie het beslis sterk beginsels gehad. Hy het verseker by sy woord gestaan as hy daaraan geglo het,” het Mariaan gesê.

“Met die feit dat Danie soveel ander gehelp het in die verlede, en om nou te weet sy stem is stil, is nie maklik om te verwerk nie,” het Bernard Raubenheimer, ‘n oud kollega van die Heidelbergse SAPD gesê.

Danie se begrafnis was op 4 Januarie by die Suikerbos Hervormde Kerk in Heidelberg gehou.

 

Related Articles

Back to top button