CrimeLocal newsNews

Uit die gemenskap aan die gemeenskap

Solidariteit reik helpende hande uit.

HEIDELBERG – Die feesseisoen het vir twee persone in die gemeenskap laat voel soos Kersvader wat hulle kom besoek het.

ALSO READ: Fotograwe in nood het groot lof vir polisie

Solidariteit Helpende Hand kon, danksy skenkings uit die gemeenskap, ‘n verskil maak in die lewens van behoeftiges.

Op 31 Desember het Solidariteit Helpende Hand, met Frik van Niekerk aan die spits, ‘n pensioenaris (76) gehelp met ‘n paar meubelstukke wat sy benodig het. Sy was die slagoffer van ‘n diefstal by haar huis.

Twee maande gelede het sy ‘n klop aan haar deur gehad en drie persone, wat hulle as Covid-19 beamptes voorgedoen het, het haar met ‘n vuurwapen aangehou en al haar elektroniese toerusting in haar sitkamer gesteel. Solidariteit het ingespring en haar gehelp met ‘n hangkas, tafel, twee stoele asook ‘n televisiestel.

In ‘n ander geval op 30 Desember is ‘n vrou, wat haar enkel gebreek het, ook gehelp. ‘n Rolstoel is aan haar geleen sodat sy tydens die hersteltydperk makliker oor die weg kon kom.

Beide die vroue het versoek om anoniem te bly.

“Indien enigiemand weet van hulp wat in die gemeenskap benodig word, of in ‘n geval waar die publiek moontlik kan help met skenkings kan ons gekontak word.

“Ons het ook tans ‘n groot behoefte aan meubels,” het Frik verduidelik.

Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak benodig ook ondersteuners asook bestuurslede om te verseker dat hulle helpende hande aan die gemeenskap ‘n sukses sal bly.

Belangstellendes kan vir Frik van Niekerk by 079 220 5555 kontak.

 

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button