Nigel Rugby mik hoog vir nuwe jaar

Die Nigel Rugbyklub sal op 6 Januarie hul oefeninge hervat.

NIGEL – Die Nigel Rugbyklub hervat op 6 Januarie hul oefeninge.
Die klub mik hoog vir die nuwe jaar en beplan om drie spanne vir die komende liga in te skryf.

‘n Vrouespan is ook op die beplanning vir die jaar.

“Almal wat belangstel is welkom om by die oefening aan te sluit Donderdag om 19:00,” sê Anita Celliers van die klub.
“Die oefening is by die John Vorster Stadion in Nigel, en almal bo die ouderdom van 18 is welkom.

“Onthou jou identiteitsdokument of rybewys indien jy wil aansluit.”

Celliers meen ook dat die klub op soek is na ‘n nuwe afrigter.

Diegene wat hiermee aanklank vind moet wel kennis neem dat IRB vlak een ‘n vereiste is.

Aansoeke gepaardgaande kan aan Celliers gestuur word by anitacelliers27@gmail.com en vir verdere navrae kan Celliers by 082 409 3603 gekontak word.

Exit mobile version