Suikerbos Oord jaareindfunksie ‘n reuse sukses

Die inwoners van die aftreeoord was bederf en vermaak tydens hul jaareindfunksie.

Op 26 November het Suikerbosoord onder leiding van Marie van Niekerk-Benadie, Jan Kotze asook die oord se bestuur, die senior burgers met ‘n jaareindfunksie bederf.

Die tema van die jaar se funksie was dankbaarheid.

Kunstenaar Ryan Walt het die gehoor met sy vrolike panfluit musiek vermaak.

Van Niekerk-Benade het haar dankbaarheid met almal teenwoordig gedeel.

“Ek is dankbaar dat ons almal nog gespaar is om tyd saam met mekaar kan spandeer,” het sy gesê.

Sanger Stephen Stirling (links) en panfluitspeler Ryan Walt het saam die gehoor met hul musiek getrakteer.

“Die jaar was al moeilik genoeg en om tyd saam te spandeer is ‘n bonus.”

Die geselligheid het ‘n driegang maaltyd asook iets te drinke ingesluit.

Jan Kotze, die bestuurder van Suikerbosoord.

Kotze, wie die afgelope twee en ‘n half jaar die bestuurder van die oord is, het tydens die verrigtinge al die inwoners verseker dat hulle kosbaar is en nog steeds ‘n bate in die samelewing is.

Kunstenaar Stephen Stirling het die gehoor met sy sang vermaak.

Die kunstenaars Ryan Walt (panfluitspeler) en Stephen Stirling (sanger en akteur) het met hulle musiek vermaak.

Stephen Stirling (links), Jan Kotze, Marie van Niekerk-Benadie en Ryan Walt by die gesellige jaareindfunksie.
Ds Kobus Rossouw van die NG Nigel-Oos het die opening behartig.
Exit mobile version