Local newsNewsSport

Klub bied opwindende kriekettoernooi aan

Die Heidelberg Krieketklub beoog om 'n kriekettoernooi te hou.

Heidelberg Krieketklub beplan om vanaf 10 tot 12 Desemberg ‘n ses aan ‘n kant krieket toernooi aan te bied.

Die toernooi beloof om vir opwindende krieket te sorg. Juniors gaan die geleentheid vergun word om hul staal te wys op 10 Desember en die seniors op 11 en 12 Desember.

Wedstryde sal op die Unieveld te Heidelberg aangebied word en die koste daaraan verbonde beloop R1 200 vir ‘n span van ses tot agt spelers.

Daar mag net ses spelers per span op die veld wees.

Die boulaanloop is ook korter as gewoonlik en elke speler kry die geleentheid om te boul.

Teikens sal ook uitgesit word om te tref vir ekstra lopies en pryse. Daar sal ook kos en koeldrank te koop wees.

Vir registrasie of verdere inligting kontak Denicho Visser by 079 624 4034 of Kudu Rossouw by 060 958 8960 om plek te verseker.

Related Articles

Back to top button