Ongeluk eis Nigel-Suid dominee

Die ongeluk het omstreeks 14:30 op die R42 plaasgevind.

Een van die bestuurders wat vanmiddag, 29 November omstreeks 14:30 betrokke was in die noodlottige ongeluk op die R42 tussen Nigel en Heidelberg, was ds Pieter Buckle van die NG Nigel-Suid kerk.

Die ongeluk het tussen ‘n minibus taxi en ‘n bakkie plaasgevind. Beide bestuurders was op die toneel dood verklaar.

Die kerk het op sosiale media hul skok en medelye uitgespreek.

“Ons harte is stukkend,” sê die boodskap van Henry Hartley, ‘n ouderling van die kerk. “Bid asseblief vir Itta, die Buckle familie en almal wat deur die tragedie geraak word.

“Die genade van ons Here Jesus Christus is al waaraan ons in die tyd kan vashou.”

Exit mobile version