Local newsNewsSport

Heidelberger hou naam hoog by 94.7 fietswedren

Coetzee het Heidelberg se naam hoog gehou toe sy onlangs aan die 947 fietswedren gaan deelneem het.

Anet Coetzee het onlangs aan die 94.7 Ride Joburg fietswedren gaan deelneem.

Dit was haar derde keer wat sy aan die wedren deelgeneem het, en het haar uitstekend van haar taak gekwyt.

Anet het in die18de plek van die Elite Dames afdeling klaargemaak met ‘n tyd van 2:53:17.

Haar tyd was net ‘n paar minute agter die algehele dames wenner.

Vanjaar was die 25ste jaar wat die wedren aangebied is, en dit het soos oudergewoonte vir opwinding gesorg. Dit is ook deur die Stad Johannesburg aangebied.

Die deelnemers het alles uitgehaal om te verseker dat hulle net hul beste kon gee.

Die besigste strate in Johannesburg wat deel van die wedren was, was ook afgesper om die veiligheid van die fietryers te verseker, en dat hulle sonder kommer hul beste kon lewer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button