Senior burgers word bederf in die tronk

Die inwoners van die Suikerbosoord is onlangs heerlik bederf deur die MOTHS Shellhole Heidelberg by die ou tronk.

Dit was voorwaar nie om enigiemand toe te sluit nie, maar eerder ’n gebaar van waardering vir die senior burgers.

Jan Kotze het al die besoekers verwelkom en verseker dat hulle op hulle gemak is, waarna daar ook aan hulle verduidelik is wat die MOTHS is.

Evert Pistorius het interessante staaltjies gedeel met die senior burgers.

Evert Pistorius, die gasspreker en voormalige skoolhoof van Hoërskool Emmasdal en Hoërskool Luckhof het inligting gedeel van hoe en wanneer die tronk ontstaan het en ook waarvoor die ou tronk gebou en gebruik word.

Pistorius het die pensionarisse deur die tronk geneem en interessante staaltjies vertel van elke tronksel.

Foto’s binne die ou tronk.

Volgens hom is daar glo meestal “vriendelike spoke” wat in die tronk gange rond drentel.

‘n Klok in die ou Tronk.

Hy het sy praatjie afgesluit met die storie van Salmon van As wat by die tronk onskuldig tereg gestel deur die Britte in die Anglo Boere Oorlog.

Na die toer deur die ou tronk gebou het die besoekers aangesit vir ‘n ete.

Die besoekers kon die ererol vir soldate wat gesneuwel het tussen 1914 en 1918 ook besigtig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version